EVALUASIE VAN DIE ARTIKEL

“A high incidence of species substitution and mislabelling detected in meat products sold in
South Africa” deur Cawthorn et al. in Food Control 2013, Vol. 32, 440 – 449
Van die berigte in die pers oor die navorsingsresultate van genoemde artikel is feitelik nie
korrek nie. Minstens een Sondagkoerant (Rapport) het berig vleis van waterbuffels is naas
dié van donkies en bokke aanwesig in 68% van die vleisprodukte wat getoets is. Die regte
feite is 68% van die vleisprodukte wat getoets is het species bevat wat nie op die etiket
aangedui is nie, met soja en gluten (>28%), vark (37%) en hoender (23%) wat die meeste
voorgekom het sonder dat die produkte so ge-etiketeer is. Die korrekte feite is: waterbuffel
het in 1 uit 20 hamburgers patties (5%), 2 uit 41 maalvleis monsters (5%) en 1 uit 30
worsmonsters (3%) voorgekom, wat getoets is. Donkie het net in 1 uit 30 worsmonsters
(3%) voorgekom. Dit beteken waterbuffel het in minder as 3% en donkie in minder as 1%
van die vleisprodukte wat getoets is voorgekom. Dit is erg genoeg. Die skuldiges behoort
bekend gemaak en vervolg te word want hulle bring die hele vleisbedryf in diskrediet.
Dit is ook belangrik om daarop te let dat DNA gebruik is vir identifikasie en dus kon baie
klein hoeveelhede van ‘n specie opgetel word. Dit was dus ook nie moontlik om te bepaal of
die kontaminasie deur doelbewuste vermenging was of weens apparaat en toerusting wat
nie behoorlik skoongemaak word na een specie hanteer is nie. Indien die worsmonsters met
die derm ontleet is, gaan daar uiteraard vark DNA teenwoordig wees as varkderms vir die
maak van die wors gebruik is.
Sekere van die aannameas is ook op beperkte getalle gebaseer. So is daar byvoorbeeld
slegs een monster van bees weenseworsies, varkwors, Springbok biltong en Frankfurters
ontleed. Net so is slegs twee monsters van bees droëwors, beesbrood (beef loaf) en Koedoe
biltong ontleed.
Neem ook kennis dat geen perde DNA gevind is in die 139 monsters wat ontleed is nie.
‘n Deel van die oplossing lê waarskynlik in die opvoeding van slagters. Omdat DNA gebruik
is vir identifikasie kan baie klein hoeveelhede van ‘n specie opgetel word. Dit was dus nie
moontlik om te bepaal of die kontaminasie deur doelbewuste vermenging was of weens
apparaat en toerusting wat nie behoorlik skoongemaak word nie. Dit is egter ook belangrik
dat almal in die waardeketting, insluitende die verbruiker, kennis neem van die wet op
korrekte ettiketering.

Europa in ‘krisis’ oor perdevleis in geregte

2013-02-10 23:00 Brittanje het noodsamesprekings gevoer ná die jongste kosskandaal in Europa – perdevleis in klaargemaakte beesvleisgeregte. Daar is veral verwarring oor die oorsprong van dié vleisgeregte. Owen Paterson, minister van omgewingsake, voedsel en plattelandse sake, het mense in die bedryf bymekaar gekry om dié krisis te takel. Hy glo dit is ’n internasionale sameswering van misdadigers wat goedkoop perdevleis as beesvleis verkoop. Die Sweedse voedselreus Findus het Vrydag verskeie gevriesde disse aan Frankryk en Swede onttrek nadat hy vroeër ook sy lasagne aan Brittanje onttrek het wat 100% perdevleis ingehad het. Die Britse kettingwinkel Aldi het gevind hul lasagne en spaghetti bolognaise het tussen 30% en 100% perdevleis in. Al dié geregte is in Luxemburg vir die Franse verspreider Comigel gemaak. Hulle het gesê die vleis is verskaf deur Spanghero, ’n maatskappy in die suidweste van Frankryk. Dit wil voorkom op die perdevleis oorspronklik kom van ’n Roemeense abattoir. Erich Lehagre, voorsitter van Comigel, het gesê hulle het gedink Spanghero verskaf vir hulle vleis van Franse beeste. “Ons het ’n groot probleem,” het Paterson aan Sky News gesê. “Daar is ’n beduidende hoeveelheid perdevleis in produkte wat gemerk is as verwerkte beesvleis. “Dit is onaanvaarbaar.

Snotsiekte

Read more …

Handel met Buurlande

Die Suider-Afrikaanse Doeane Unie ooreenkoms en die Suider-Afrikaanse ontwikkelingsgemeenskap
ooreenkoms skep basies ‘n vrye handelsgebied met Suid-Afrika sonder enige tariewe. Dit sluit in
Botswana, Lesotho, Namibië, Swaziland en Suid-Afrika.
Dit feit dat Suid-Afrika sy Bek-en Klou vrye sone status verloor het, het ook tot gevolg dat daar geen
beperkings geplaas kan word op die invoer van vleis en lewendehawe uit die Bek en Klou vrye sone van
Namibië nie. Dit geld ook vir beesvleis invoere vanaf Botswana.
Namibië, Botswana en ander buurlande het voorkeur uitvoer ooreenkomste na die Europese Unie. Die
ooreenkomste bepaal dat die lande nie sekere invoer tariewe hoef te betaal nie. Die tariewe is
ongeveer R30 / kg.
Die uitvoere uit Namibië en Botswana is afhanklik van die implementering van ‘n opspoorbaarheidstelsel
sowel as ander beperkings. Probleme met die opspoorbaarheidstelsel van Botswana word van tyd tot
tyd ervaar en as die stelsel nie funksioneer nie beland die beesvleis wat vir uitvoere bestem was op die
Suid-Afrikaanse mark. Suid-Afrika kan nie die vleis wyer nie as gevolg van die feit dat ons ook nie ‘n
nasionale opspoorbaarheidstelsel in plek het nie.
Net soos in Suid-Afrika is die koopkrag van die verbruiker in die Europese Unie onder druk en weens laer
pryse in die Europese Unie word groter hoveelhede beesvleis, skaapvleis, speenkalwers en lewendige
bokke tans vanuit die buurlande na Suid-Afrika ingevoer. Dit moet ook aanvaar word dat Namibiese
speenkalfprodusente weens die swakker pryse in die Europese Unie hulle speenkalwers nou eerder in
Suid-Afrika bemark. Alle aanduidings is dat die mielieprys op relatief hoë vlakke gaan bly en dit plaas
ook afwaartste druk op die pryse wat betaal word vir speenkalwers in Suid-Afrika.
Die knelende droogte in sekere dele van Suid-Afrika het ook tot gevolg dat produsente hulle
speenkalwers bemark. Die aankoop van speenkalwers deur kommersiële produsente is tans op lae
vlakke.
Die Namibiese regering het verskeie jare gelede ‘n kleinveeskema ingestel waarvolgens ses karkasse na
Suid-Afrika ingevoer kan word vir elke een lewendige skaap wat na Suid-Afrika uitgevoer kan word. Dit
is die RPO se ervaring dat die skema monopolisties van aard is aangesien Namibiese boere gedwing
word om daar te slag.
Die pryse vir lammers in Namibië is tans so laag as R36 / kg. Die invoer van speenkalwers en lewendige
slagvee vanaf Botswana word deur hulle Wetgewing verbied terwyl lewendige bokke, speenkalwers en
bees invoere vanaf Namibië wettig is. Die voorwaarde hieraan verbonde is dat kommersiële diere direk
na ‘n voerkraal of abattoir sal gaan. Vee wat na ‘n voerkraal toe gaan moet direk daarna geslag word.
Die verhandeling van Namibiese speenkalwers op Suid-Afrikaanse veilings is onwettig. Daar bestaan ook
‘n invoertarief vir slagbeeste vanaf Namibië indien hulle meer as 450kg weeg.
Jaarliks word ongeveer 200 000 speenkalwers vanaf Namibië ingevoer en ongeveer ‘n miljoen
skaapkarkasse en lewendige skape.