Gaan loer na die PMF-webtuiste

Gaan loer na die PMF-webtuiste

Die Predasie bestuur webwerf is ontwerp om ‘n wye spektrum van inligting, wat verband hou met daardie roofdiere wat soveel skade aan veeboere veroorsaak, te voorsien. Die webwerf het verder ten doel om riglyne en advies aan produsente te gee om predasiebestuur op die mees humanistiese en omgewingsvolhoubare wyse, dit wil sê, geïntegreerde bestuur toe te pas. Alle belanghebbendes in die landboubedryf word aangemoedig om die webtuiste te besoek – http://www.pmfsa.co.za/

Die splinternuwe predasiebestuurshandleiding wat ‘n eenstopgids is om produsente te help om hul roofdierprobleem op plase binne die raamwerk van provinsiale- en nasionale omgewing te bestuur, is ook op die webwerf te vinde.

Dr. Gerhard Verdoorn, hoof van Griffon Gifinligtingsentrum en kampvegter vir volhoubare voedsel- en veselproduksie in die konteks van ekologiese aanvaarbare praktyke tree op as “Ask the Expert” en is hy die aangewese persoon om na die produsent se dilemma te luister en die mees ekologies aanvaarbare bestuurstegniek aan te beveel om probleem te bowe te kom.  In hierdie afdeling gee hy advies hoe om ‘n rooikat in die Overberg te vang, hoe word ‘n vanghok gestel vir ‘n enkellopende, ou, bruin Hiëna mannetjie en of grondboontjiebotter gebruik kan word vir ‘n rotteplaag.

0 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply