Vandag is daar ‘n rekord prys betaal vir ‘n Bonsmara bul van UP George Bonsmaras, tydens hulle produksieveiling  in KZN.

Die bul genaamd LAR14-173 is verkoop aan ‘n konsortium boere van die Vrystaat en Bosveld, vir ‘n fenomenale R 1 800 000.

Een van die konsortium-boere, mnr. Paul Marè het gesê daar sal eers saad getap word van die bul, waarna hy in die veld by die skoner geslag kan kuier. 

Dit is die hoogste prys wat nog ooit vir ‘n Bonsmara bul betaal is!