OpgedateerdeFMD Verslag

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die Direkteur van Dieregesondheid, dr Maja, het op 15 Februarie 2019 ‘n opgedateerde verslag oor die bek-en-klouseer situasie uitgereik.
Daarin word aangedui dat 22 000 diere sedert 14 Januarie 2019 ingeënt is.
Ongeveer 12 000 van dié diere is in die siektebeheerde gebied ingeënt en alle ingeënte diere is gemerk. Die verbod op die beweging van gespletehoefdiere in die siektebeheerde gebied is steeds van krag. Daar is tans geen aanduiding dat bek-enklouseer buite dié gebied versprei het nie en daarom word die beweging van gespletehoefdiere (insluitend wild) en onverwerkte diereprodukte op meriete binne Suid-Afrika toegelaat.
Woluitvoere na China China het alle invoere van onverwerkte wol van Suid-Afrika weens die bek-enklouseer uitbreking opgeskort. China het nog nie ‘n amptelike aanduiding gegee oor die aanvaarding van woluitvoere nie.  Lees meer hieroor …..